New Trail Run Series at Buffalo Gorge - Middelburg.
Upcoming events:
2017:
4 February
4 March
8 April
1 May
27 May
8 July
5 August
2 September
7 October
18 November and
2 December.
Click here for video
Info: http://buffalogorgetrailandmtb.webs.com/
GPS: S 25 30 51.73 E 29 34 05.36
Entry form
Web: http://www.buffalogorge.co.za/
Route profile:
Map:
Middelburg Observer berig - 20 Febr 2015:
Draf in die natuur (1)
Bergfiets ry en velddraf, trail running, is twee van die
sportsoorte wat die vinnigste in Suid-Afrika groei. En Middelburg bly
beslis nie agterweë nie.
Die dorp spog al met verskeie suksesvolle
bergfietswedrenne (waaronder die gewilde Alzu Tour de Farm) en
Middelburg Marathonklub se Silver Falls Trail Run.
Nóú begin Buffalo Gorge (op die Loskopdampad) ook met hul eie Trail
Run-reeks wat op 7 Maart afskop. Daar word beplan om dit ‘n maandelikse
gebeurtenis te maak.
Volgens Johan Raath – wie al verskeie bergfiets-, ysterman- en
halfystermanatlete afgerig het – lê die bekoring van so wedloop in die
feit dat deelnemers buite in die natuur kan wees.
“Die natuurskoon is altyd baie mooi en die terrein is ook baie meer tegnies as ‘n gewone padwedloop.”
Raath behoort te weet waarvan hy praat. Tussen Johannesburg, Pretoria
en Middelburg het hy meer as 70 atlete wat hy brei, waaronder Gustav
Basson wat verlede jaar in Europa aan verskeie groot padfietsbyeenkomste
deelgeneem het.
Twee van sy ryers was ook ‘n paar jaar terug by die Trans Alps-wedren in Duitsland in aksie.
Deelnemers kan by Buffalo Gorge tussen afstande van 18km (Avontuur
Vallei), 10km (Wild camp), 6.5km (Wetland Trail) en 2.5km ( Bobbejaan Loop) kies. Die
18km-wedloop sal meer tegnies wees, terwyl die 2.5km-wedloop geskik is
vir kinders.
Daar is ook 'n 12km bergfiets roete en 'n korter roete geskik vir jonger ryers.
Daar is ook 'n 12km bergfiets roete en 'n korter roete geskik vir jonger ryers.
• Die Gorge Trail Running-reeks:
Buffalo Gorge Avontuur Vallei Trail: 18km (R100-00)
Wild Camp: (R90-00)
Wild Camp: (R90-00)
Buffalo Gorge Wetland Trail: 6.5km (R80-00)
Buffalo Gorge Bobbejaan Loop Trail: 2.5km (R50-00)
Avontuur Vallei MTB: 12km (R75-00)
bergfiets roete - skoliere: (R50-00)
Avontuur Vallei MTB: 12km (R75-00)
bergfiets roete - skoliere: (R50-00)
• Datums: 7 Maart, 11 April, 9 Mei, 6 Junie, 4 Julie.
• Inskrywingsvorms is van hierdie week beskikbaar. Deelnemers kan ook by Sportsman’s Warehouse in eMalahleni inskryf.
• Vir meer inligting, besoek www.buffalogorge.co.za. Johan (071 509 3463) of Ryk (083 528 9586) kan ook gebel word.
• Om meer te weet van Raath se afrigting, stuur ‘n e-pos na johan@adventuremedics.co.za
Dit is ‘n uitstekende laaste oefengeleentheid voor die Loskop 21km die naweek daarna.
Die eerste wedloop, wat op die 7 Maart plaasgevind het, was ‘n groot sukses en die roetes en natuurskoon is deur die hardlopers geniet. Daar is heerlik gekuier met ‘n worsbroodtjie en koeldrank na afloop van die drawwery.
‘n Tweede 17km wedloop word bygevoeg wat baie meer geskik sal wees vir die hardlopers wat na ‘n baie tegniese hardloop ondervinding soek, met ‘n nuwe roete wat deur ‘n berg en kloof gaan en dan aansluit met die standaard 17km roete voor ‘n waterpunt.
Die 10km wedloop was die gewildste onder die hardlopers en as gevolg daarvan word die roete onveranderd gelaat vir die wedloop van 11 April.
Al die roetes word skoon gesny, met twee waterpunte op die roete van die 10km en die 17km. Die hardlopers word te perd uit die begin area vergesel en word dan gemonitor op die roete om almal se veiligheid te waarborg.
Sportmans Warehouse in eMalaheni wat ‘n mede-borg van die reeks is verskaf weer geskenkbewyse aan die wenners van die verskillende wedlope en sal weer die waterpunte beman.
Twizza Middelburg verskaf alle koeldranke vir die waterpunte.
Die datums vir die opkomende wedlope is as volg 11 April, 9 Mei, 6 Junie en 6 Julie 2015.
Inskrywingsvorms is op die webblad http://buffalogorgetrailandmtb.webs.com/ beskikbaar of Ryk kan direk gekontak word vir enige verdere inligting.
Ryk: 083 528 9586.
`````````````````````````````````````````````````````
Draf in natuurskoon (2)